NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Vakgroep Sosiologie

 

OPENBARE BESTUUR EN REGERING

Hier by NWU is ons as verantwoordelike dosente van die vakgroep Openbare Bestuur en Regering van voornemens om Openbare Bestuur en Regering te ontwikkel tot ’n vak wat studente graag sal wil neem.

U sal Openbare Bestuur en Regering beleef as ’n vak wat aan u voorpunt-kennis en vaardighede bied wat u toerus om ’n sinvolle bydrae in ’n snel veranderende wêreld, veral ook in die ontwikkelende Suid-Afrika, te lewer. Die dissipline en die vakgroep gaan aan u kundigheid, analitiese vermoëns en navorsingsvaardigheid bied wat u  gesog in die arbeidsmark sal maak of u in die vermoë sal stel om onafhanklik daarin te kan werk.

Wat is Openbare Bestuur en Regering?

In die breedste sin van die woord behels die vak Openbare Bestuur en Regering die studie van hoe teorie en praktyk kombineer om onder andere die mees belangrikste behoeftes van gemeenskappe binne die samelewing van ‘n land deur die effektiewe en doeltreffende lewering van openbare dienste deur die regering en sy beleidmakende-, regsprekende- en uitvoerende instellings op die nasionale-, provinsiale- en plaaslike owerheidsfere mee aan te spreek.

Meer spesifiek bestudeer Openbare Bestuur en Regering op wetenskaplike wyse die volgende:

  • Plek en rol van die vak binne die openbare sektor van ‘n staat soos Suid-Afrika
  • Aard en omvang van die Grondwet
  • Strukturering van die staat se beleidmakende-, uitvoerende- en regsprekende instellings
  • Aard en omvang van die openbare dienslewering op die 3 owerheidsfere
  • Bestuursprosesse soos bv. beplanning, organisering,  personeelbestuur en finansiële bestuur
  • Plek en rol van etiek
  • Plek en rol van moderne inligtingstegnologie

Hoekom moet u vir Openbare Bestuur en Regering registreer?

Ongeag wat u studeer, sal die vak Openbare Bestuur en Regering onder andere u vermoë om die openbare dienslewering van die staat en sy instellings binne die samelewing te analiseer, te ontleed, te beskryf en te verklaar, verder ontwikkel.

Suksesvolle studie in Openbare Bestuur en Regering is veral vir studente wat in die volgende beroepsrigtings belangstel, onontbeerlik:

  • Administratiewe poste in nasionale-, provinsiale-en munisipale departemente
  • Arbeidsverhoudinge onderhandelaars
  • Bestuurders
  • Beplanners en ontwikkelaars
  • Kommunikasiekundiges
  • Maatskaplike werkers
  • Menslike hulpbronbestuurders
  • Munisipale werknemers
  • Onderwysers
  • Polisie-, sekuriteits- en verkeersbeamptes
  • Politici
  • Projekbestuurders, -ontleders en evalueerders
  • Sielkundiges
  • Verpleegkundiges
  • En vele meer

Lees gerus meer oor ons voorgraadse, honneurs of magister kursusse.

          

http://webcms.puk.ac.za/opencms/opencms/system/workplace/action/folder_tree.html?foldertree=%2F&formname=NEU&variable=neulink&onlineselect=yes&viewfile=yes
 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings