SOSIALE ANTROPOLOGIE
Sosiale Antropologie is ‘n ou en goed gevestigde dissipline in die sosiale wetenskappe. Met ‘n tradisie wat fokus op die studie van nie-Westerse samelewings, het die dissipline, en ook sy primêre navorsingsmetode – etnografie - ‘n wydverspreide en gesogte benadering en vaardigheid geword wat reeds gevestig is in die huidige konteks van toegepaste navorsing in die velde van ontwikkeling, openbare gesondheid en die verhoudings en effekte van die media in die gemeenskap. Met sy fokus op die besonderheid van die plaaslike en die alledaagse en sy aandrang om hierdie besonderheid van die plaaslike en die alledaagse te verbind met breër globale en historiese magsnetwerke, is Sosiale Antropologie gevestig as uniek daartoe in staat om buitengewoon komplekse beelde saam te stel van die wyse waarop menslike lewens deurkruis binne verhoudings met mekaar, tot plekke, tot prosesse en tot globale strukture in die wêreld en geskiedenis en hoe laasgenoemde sake oorkoepelend daarop inwerk. Deur op die praktyke van die alledaagse lewens van gewone mense te fokus en deur hierdie fokus binne die globale materieële, ideasionele en historiese kontekste te plaas, kan antropoloë onbewuste aannames binnedring wat die alledaagse gewoontes van mense in die wêreld normaliseer en naturaliseer, en wat ons dan almal as vanselfsprekend aanvaar.
Lede van die samelewing tree binne en ten opsigte van sosiale kategorieë op wat voorkom asof dit natuurlik is en wat meestal nie bevraagteken word nie. Ras, klas, gender, seksualiteit, ouderdom, etnisiteit en ander soortgelyke kategorieë kan hieronder genoem word. Ons eie posisie binne hierdie kategoriese omgewing en die definisies wat dit stut, lê agter ons relatiewe sosiale mag en tot ‘n groot mate bepaal dit die distribusie van en veranderlike toegang tot politieke, sosiale en ekonomiese hulpbronne in elkeen en alle konteks van menslike interaksie. Ons plaas ander en word deur ander geplaas binne hierdie kategorieë, en soos ander, verset ons onsself somtyds teen hierdie plasing en strewe dan om in ander sosiale kategorieë ingesluit te word, of deur onsself in te span om hierdie kategorie te herdefiniëer, alles binne vloeibare stelsel van kontak-politiek wat weer onafwendbaar verbind is met die historiese en die huidige globale verhoudings wat die wedywering in verband met daardie kategorieë toelig en toelaat.
Antropoloë probeer die dinamiek begryp wat wedywering omring en die oogmerke en gevolge van die ontplooiing van sosiale kategorieë in die alledaagse, ‘n arena waarin laasgenoemde as vanselfsprekend aanvaar word en dan selfs behandel en verstaan word asof dit normaal is. Selfs meer as dit, beoog antropoloë om insig te bekom in die kragte en meganismes wat hierdie dinamiek moontlik maak deurdat die onderliggende en die motiverings bekyk word. Etnografie, dit wat antropoloë doen, is dus raak beskryf deur Lisa Rofel (1994 703) as:
attention to the contingent way in which all social categories emerge, become naturalized and intersect in ordinary people’s conception of themselves and their world, and further, an emphasis on how these categories are produced through everyday practice.
Die etnografiese benadering en sy besondere kragtigheid met betrekking tot die skepping van insig in die komplekse globale en historiese web van verbintenisse, punte van ontwrigting en magsverhoudinge en dit wat ingebou is in wat gewoonlik ervaar word as doodgewoon en selfs natuurlik – naamlik die alledaagse lewe – word hernu in ‘n globaliserende wêreld. Aan die begin van die een-en-twintigste eeu is die lewens van die derde wêreld se armes al meer ingewikkeld verweef met die lewens van die rykes, deur die geskiedenis, huidige dinamiek, neigings en praktyke wat ingebou is in die wisseling binne die globale politieke ekonomie. Die insig van etnografie in die problematiek en die geskiedenis van hierdie verhoudings is daarom net so noodsaaklik binne die konteks van ontwikkeling as wat dit is binne die konteks van gesondheidsorg in ‘n biomediese wêreld wat gedomineer word deur farmaseutiese reuse wat in noue aanraking kom met tradisionele gesondheidssoekende gedrag in die derde wêreld. Nie ontwikkeling, nog tradisionele gesondheidsoekende gedrag op die terrein van openbare gesondheid en die stryd teen HIV/VIGS kan voldoende verken word of doelmatig nagestreef word, sonder die oorweging van die kompleksiteit waarbinne dit gevind word, waardeur dit gestruktureer word, en uiters belangrik, die probleme wat onderliggend is en wat as oplossings aangebied word.
Sosiale Antropologie onderskei sigself as uniek in staat om in te dring en insig te skep in die kompleksiteite van die moderne wêreld soos wat dit vorm aanneem in landskappe en in menslike lewens as die globale geografie van mag en rykdom. Dit is as gevolg van sy historiese en langdurige toewyding aan die lot van die onderdrukte en die dissipline se etnografiese aandrang daarop om lig te werp op die verbinding tussen daardie lot en die ontstaan, naturalisering en kruissnyding oor tyd en ruimte heen van die vanselfsprekende, alledaagse sosiale kategorieë .
As gevolg van die prominensie en dringendheid wat die vrae van ontwikkeling en openbare gesondheid op die Afrika-kontinent betrek, en gegewe die bevoorregte posisie van die massa-media deur hulle openbare benadering tot hierdie sake in die skepping, verspreiding en naturalisasie van sosiale kategorieë waardeur die publiek hierdie sake benader, het ons, op die Potchefstroom-kampus van Noordwes-Universiteit ons kurrikulum so ontwerp dat dit aan ons graduandi ‘n goed-begronde en goed geoefende antropologiese verbeelding voorsien word. Die modules wat ons aanbied is so gestruktureer dat dit hulle in staat stel om daardie verbeelding te ontwikkel en toe te pas, saam met begeleidende vaardighede, tot die ontwikkeling van insigte in en kritiek op die wêreld van gesondheid en gesondheidsoekende gedrag; die konteks, geskiedenis, probleme en dinamika van ontwikkeling; en die massa-mediërende verhoudings wat ons plaas binne-in die wêreld wat hulle grootliks struktureer via die beelde wat daagliks na ons sitkamers gestuur word, maar wat ons ook leer om die wêreld te sien as ‘n bevestiging van die “waarheid” van hierdie beelde.
Ons kurrikulum begelei ons studente dus tot basiese en fundamentele konsepte en metodologiese gereedskap in die eerste semester van die eerste studiejaar, in dan, in die tweede semester, ‘n oorsig van die velde waarin hierdie gereedskap dikwels gebruik word in huidige antropologiese navorsing. In die tweede jaar fokus ons op en gebruik hierdie gereedskap in meer diepte in die bepaalde velde van ontwikkeling, gesondheid en gesondheidsoekende gedrag en die massa-media. In ons derde jaar bou ons op die gebruik van hierdie gereedskap deur dit te begrond binne die geskiedenis van teoretiese debatvoering en praktiese ervaring wat insigte tot hul huidige stand te bring, en deur in die tweede semester oorweging te gee aan die geldende en onlangse teoretiese en metodologiese uitdagings wat hulle waarskynlik op die pad vorentoe sal vorm. Lees gerus meer oor ons voorgraadse kursusse.
Lees meer or die personeel in die vakgroep Sosiale Antropologie.
|