Vakgroep: Politieke Studies
• Doel en waarde
Politieke Studies (ook bekend as Politieke Wetenskap of Staatsleer) fokus op die staat, regerings, en die verskynsel van politiek wat in die algemeen daarmee in verband staan. Politiek het in Staats- en regeringsverband direk met voortdurende besluitneming (beleidsformulering) te doen. Politieke besluite in die geledere van groot groepe mense kan nie sonder invloed en mag geneem word nie omdat die idees, voorkeure en belange van mense natuurlik baie uiteenlopend is. Teen hierdie agtergrond is die doel van die vak Politieke Studies die sistematiese verklaring van gebeure binne en buite staatsgrense. Dit verwys ook na die verhoudinge tussen state en wát state om watter redes op die vlak van die internasionale politiek doen.
Politieke Studies omvat ’n hele aantal aktuele studieterreine:
Inleiding tot Politieke Studies; Die Suid-Afrikaanse politieke stelsel; Vergelykende politiek; Afrika politiek; Politieke filosofie; Politieke deelname en interaksie.
• Betekenis en toepassing
Dit is onteenseglik die geval dat die temas wat in die vak Politieke Studies bestudeer word, die sosiale konteks van elke mens se leefwęreld vorm. Uiteindelik is die hele lewe niks anders nie as ’n politiek-gedrewe realiteit! Kennis en insig van die politiek, die prosesse, instellings en gevolge daarvan vir mens en omgewing, bemagtig studente om die eise en uitdagings van hulle leefwęreld beter te verstaan en te kan hanteer, hetsy as landsburger of in ‘n loopbaan, asook die belangrike besef dat niks konstruktief in ’n betrokke staat of in die węreldpolitiek kan gebeur sonder die mobilisasie van mense rondom politieke doelwitte en beleid nie.
• Beroepsmoontlikhede Politieke Studies is ’n basiese wetenskap wat saam met die ander sosiale wetenskappe die grondslag bied vir die suksesvolle beoefening van die volgende beroepe en/of professionele rigtings:
Joernalistiek (‘n verskeidenheid media soos koerante, radio, televisie en internet);
Diplomasie: Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Buitelandse Sake); Bestuurders en kundiges in die openbare sektor (verskillende regeringsdepartemente en staatsinstellings);
Navorsers (universiteite, institute, Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing (“HRSC”), nie-regerings organisasies (“NGOs”);
Lede van wetgewende liggame soos die Parlement, provinsiale wetgewers en munisipale rade; en
Bestuurders en amptenare in Plaaslike Regering.
Opleiding in Politieke Studies is ook baie nuttig vir die volgende beroepe:
Onderwysers Regsprofessie Inligtingsdiens Biblioteek- en inligtingswese Ekonomie; en Maatskaplike werk
Politieke Studies is ’n besonder dinamiese en interessante veld wat groot waarde sal toevoeg tot enige ander gespesialiseerde rigting.
Voorgraadse Modules
Nagraadse modules
Lees gerus meer oor die personeel in die vakgroep Politieke Studies.
|