NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Vakgroep Sosiologie

 

Welkom by Sosiologie!

Hier by die PUK is die dosente van voornemens om Sosiologie te ontwikkel tot ’n vak wat studente graag sal wil neem. Studente sal dit beleef as ’n vak wat aan hulle voorpunt-kennis en vaardighede bied wat hulle toerus om ’n sinvolle bydrae in ’n snel veranderende wêreld, veral ook in Suid-Afrika, te lewer. Sosiologie gaan aan studente kundigheid, analitiese vermoëns en navorsingsvaardigheid bied wat hulle gesog in die arbeidsmag sal maak of in die vermoë sal stel om onafhanklik daarin te werk.

Wat is Sosiologie?

In die breedste sin van die woord is Sosiologie die studie van die samelewing en die interaksie tussen mense.

Meer spesifiek bestudeer die Sosiologie op wetenskaplike wyse:

  • die spektrum van menslike interaksie; van die harmoniese (orde) tot die konflik-verhoudinge (wanorde)
  • die aard van mense-verhoudinge; van die mees informele tot die formele en organisatoriese verhoudinge
  • alle sosiale strukture, instellings en aspekte van die samelewing, byvoorbeeld die gesin, politiek, ekonomie, godsdiens, media, gesondheidsorg, sport, gender, identiteit, ens
  • sosiale vraagstukke en probleme; sosio-ekonomiese ongelykheid, uitbuiting, misdaad, armoede, ontwikkelingsknelpunte, oorlog, konflik en vlugtelingskap, MIV/VIGS, ens.

Hoekom Sosiologie neem?

Ongeag wat jy studeer, sal Sosiologie jou vermoë ontwikkel om mense-verhoudinge en die funksionering van die samelewing te analiseer, ontleed, beskryf en verklaar.

Sosiologie is veral vir studente wat in die volgende rigtings belangstel, onontbeerlik:

  • Sosiale navorsers en analiste
  • Projekbestuurders, -ontleders en evalueerders
  • Arbeidsverhoudinge onderhandelaars
  • Beplanners en ontwikkelaars
  • Bestuurders
  • Impakstudienavorsers
  • Kommunikasiekundiges
  • Maatskaplike Werkers
  • Bevolkingskundiges
  • Staatsdienspersoneel
  • Menslike Hulpbron-bestuurders
  • Politici
  • Sielkundiges
  • Verpleegkundiges
  • En vele meer

Kliek hier vir inligting oor voorgraadse en nagraadse studies in Sosiologie.

Kliek hier indien jy meer wil weet oor die Sosiologie personeel .

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings