NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
Faculty of Arts

 

Studente

Het jy al die reëls vir die gebruik van die rekenaars gelees?

Klik hier om op VTC aan te teken.

Moet nie die Forgot Password-funksie op VTC gebruik nie. Dit werk nie! E-pos dlwanr, sodat jou wagwoord teruggestel kan word.

Enige ander VTC-probleme? E-pos dlwanr binne 24 uur. Jou probleem sal binne een akademiese dag opgelos word.

Ons aanvaar geen verskoning van studente wat nie hul werk gedoen het nie en die stelsel daarvoor probeer blameer nie.



 

Prosedure vir die installasie van die drukkerdrywer in die Kommunikasielokale:

  • Klik op START
  • Klik op SETTINGS
  • Klik die opsie, PRINTERS
  • Kies ADD PRINTER deur daarop te dubbelklik
  • ’n Nuwe venster (window) sal oopmaak
  • In die nuwe venster klik op die NEXT-knoppie
  • Kies die opsie wat sê NETWORK PRINTER en klik dan op NEXT
  • Kies die TYPE THE PRINTER NAME en tik dan die naam in die teksveld : \\PUKNET\P-BEDKOMLS.S.PCM.PUKNET  (tik die naam asb in hoofletter presies soos dit hier staan)
  • Nadat jy die naam ingetik het, klik dan op NEXT
  • Die drukkerdrywer word nou geinstalleer. Wag 'n rukkie
  • Nadat die drywer klaar geinstalleer is, gaan daar 'n venster wees wat vra of die nuwe drukker die DEFAULT drukker moet wees.
  • Kies YES en klik dan op NEXT.
  • In die volgende venster gaan daan 'n knoppie wees wat sê FINISH.
  • Klik daarop en nou is die drukker geinstalleer en reg om gebruik te word.

TOERUSTING

As jy 'n kamera/ander toerusting uitgeteken het, moet dit binne 24 uur terugbesorg word by een van die volgende:

  • die Drukkerswerkswinkel/ PrintShop in die Kunstegebou (K122),
  • die Bestuurder IT en Kapitaal, LJ du Plessis, G10,
  • die Skoolsekretaresse, Perskorgebou,
  • die Sekretaresse, Kunstegebou,
  • die Dekaansekretaresse, LJ du Plessis, G05, of
  • Jou dosent.

Versuim om dit te doen, sal lei tot 'n dissiplinêre verhoor.

WAARSKUWING!

Aan studente wat van Lettere en Wysbegeerte se rekenaarlokale gebruik maak.

  • Maak asb seker dat jy die reëls in die rekenaarlokale gelees het én verstaan.
  • Geen eet- of drinkgoed (al is dit verseël) word in die lokale toegelaat nie.
  • Maak asb skoon as jy klaar gewerk het.
  • Moet asb nie aan die verstellings aan die rekenaars verander nie.
  • Verbreking van hierdie reëls lei tot die verbeuring van die reg om fasiliteite in die fakulteit te gebruik.

VTC | Probleem met proxy

Indien VTC elke keer vir 'n firewall-ID en -wagwoord vra as jy op 'n titel klik, stel dit só reg:

  • Regsklik op die QuickTime-ikoon.
  • Klik op QuickTime Preferences.
  • Maak seker dat alle blokkies onder Use Proxy Servers ge-uncheck is.
  • Klik op Close (X).

VTC | QuickTime

Maak asb seker dat jy die nuutste weergawe van Apple QuickTime op jou rekenaar gelaai het om te verseker dat VTC reg speel.

 


© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions