NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
Faculty of Natural Sciences

 

grys baseline
Profiel: Voormalige Plantkunde-student

Martin Smit -Botany student 

Martin Smit : M. Envir.Sci in Plantkunde -
                                                     NWU-Potchefstroomkampus

Waar het jy groot geword? Rustenburg
Hoe lank was jy op die Puk? Vanaf 2002. (7 jaar)
My meestersgraad projek het gehandel oor die kwantifisering van die effek van lugbesoedeling op landbou gewasse, meer spesifiek oor die relatief onbekende besoedelstof, TFA (trifluoroasynsuur). Die besoedelstof is onder andere afkomstig van sommige verkoelingsgasse wat as plaasvervangers vir CFC-gasse dien asook teflon-panne. Tans is ek betrokke by verskeie navorsings projekte in ‘n ondersteunende hoedanigheid. Verder beoog ek om binnekort my doktorsgraad te begin in Stedelike Bosbou waarin ek onder andere gaan kyk na koolstofsekwestrasie sowel as ander belangrike ekologiese funksies van bome en groen areas in en om stedelike omgewings.

Martin Smit -Botany student Wie was jou gunsteling dosente? In my ondervinding is dit die ouer dosente met al hul ondervinding en kennis wat studente se aandag hou en hul belangstelling in vakke kan prikkel. Dit is egter moeilik enige iemand uit te sonder. Dosente wat uitgestaan het tydens my studies was Prof. Carools Reyneke (Biochemie), Prof. Gert Krüger (Plantkunde), Prof. Sarel Cilliers (Plantkunde)., Dr. Riekert van Heerden (Plantkunde). 
Gunsteling musiek en flieks? Foo Fighters, Muse, Audioslave, Royksopp
 en Fokofpolisiekar -en Magnolia en The Shawshank Redemption.
Waar is jy nou? Ek is in 2007 aangestel as die kurator van die Noordwes-Universiteit Botaniese Tuin vanwaar ek steeds aktief betrokke is by navorsing.
Wat is jou gunsteling deel van jou werk? Die feit dat my werk van dag tot
dag varieer. Soms behels dit dinkwerk en intellektuele uitdagings met navorsing
maar daar is ook tye om kreatief te wees, om net fisiese werk te verrig of om
net die buitelewe te geniet.
Hoe het jou tyd op die Puk jou
geh
NWU ontvang het, het my verseker geh
vorsingsagtergrond wat my soms 'n vo

elp om te kom waar jy nou is? Die multidissiplinêre opleiding wat ek by die
elp om my vir dié posisie te bekwaam. Dit is juis die sterk wetenskaplike en na-
orsprong bo ander kurators gee.



 

© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions