Welkom!
Die Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling (SOO) het ten doel om relevante, waardegedrewe opleiding en navorsing van internasionale gehalte te lewer wat fokus op ons bestaande kundigheid in die veld van omgewingswetenskappe en -ontwikkeling.

|

|
|
Triptiek - Cronje' Lemmer

Die struktuur van die SOO bestaan uit drie basiese biologiese dissiplines, naamlik dierkunde, mikrobiologie en plantkunde asook die meer mens-georiënteerde dissiplines geografie en stads- en streeksbeplanning. Die saamgroepering van hierdie dissiplines vorm die basis vir omvattende multidissiplinêre opleiding en navorsing waardeur studente toegerus en gevorm word tot gebalanseerde omgewings- wetenskaplikes. Die kwaliteit van programme word deur gereelde eksterne evaluering verseker.
Navorsingsprojekte word aangebied in omgewingswetenskappe, ekologiese remediëring en volhoubare ontwikkeling (sustainable development), biodiversiteit en bewaringsbiologie, waterwetenskappe asook stads- en streeksbeplanning.
Navorsingsfokusarea: Omgewingswetenskappe en -Bestuur
Omgewingswetenskaplikes funksioneer as akademici, navorsers en natuurbewaarders, as omgewingsbestuurders, -konsultante, -ouditeure, -beplanners, en -impakassesseerders, in die toerismebedryf asook as stads- en streeksbeplanners.
Word 'n omgewingswetenskaplike - alle kursusse.
|