Potchefstroomse Elektroniese Regsblad
Doelstellings en Tema
PER publiseer bydraes wat vir die fokusarea Ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse Regstaat van belang is. Dit beteken dat die meeste bydraes betrekking het op die een of ander aspek van regstaatlikheid of die reg met betrekking tot ontwikkeling. Die feit dat hier sprake is van die Suid-Afrikaanse regstaat, beperk egter nie die materiaal wat gepubliseer word tot die Suid-Afrikaanse regstelsel nie, aangesien ontwikkelingsreg en regstaatlikheid uitnemende regsvergelykende temas is. Terwyl regstaatlikheid en ontwikkelingsbehoeftes deurgaans as hooftemas in gedagte gehou word, word bydraes oor enige aspek of dissipline van die reg verwelkom mits daar in die bydrae rekening gehou word met dié hooftemas.
Redaksionele beleid
Die wetenskaplike houdbaarheid en die bydrae wat die manuskrip tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg lewer, geld as primêre maatstawwe vir die opname daarvan. Materiaal wat in Afrikaans, Nederlands, Duits en Engels geskryf is, word verwelkom. Alle bydraes word met 'n opsomming (Summary) in Engels, waarin die hoofargumente en gevolgtrekkings van die bydrae weergegee word, gepubliseer.
Bydraes wat vir publikasie aangebied word, word anoniem vir keuring aan erkende vakkundiges voorgelê.
Bydraes moet elektronies aan die redaksie in 'n formaat wat leesbaar is in 'n woordverwerkingspakket wat in die WINDOWS-omgewing werk, gelewer word. 'n Bydrae moet behoorlik taalversorg en ooreenkomstig die PER-standaard vir Styl en Verwysing voorberei wees.
Outeursreg
Outeursreg op al die materiaal wat in PER gepubliseer word, berus by die outeur, met dien verstande dat 'n outeur deur die aanbieding van 'n bydrae toestemming verleen dat sy bydrae sonder beperking deur enigeen vir persoonlike gebruik afgelaai mag word. Verder stem 'n outeur daartoe in dat dieselfde bydrae nie elders gepubliseer mag word sonder die skriftelike toestemming van die redakteur nie.
Enigeen wat elektronies of andersins toegang tot 'n bydrae tot PER verkry, mag uit die bydrae aanhaal, die gedagte-inhoud daarvan benut, dit bespreek en vermenigvuldig, maar onderhewig aan die volgende voorwaardes:
- by die aanhaling, benuttig, bespreking of vermenigvuldiging van die materiaal moet die naam(e) van die outeur(s), die volledige titel en die bibliografiese verwysing volledig en korrek aangegee word, en dat
- die outeursreg van die outeur(s) op geen wyse geskend mag word nie.
Redaksie
- Redakteur: Francois Venter
- Mede-redakteur: Christa Rautenbach
- Assistent redakteur: Anél du Plessis
|