NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
   
 

Kwaliteit moet botoon voer - nuwe rektor

 

Prof. Herman van Schalkwyk is vandeesweek as die tweede rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ingehuldig.

Die amptelike bekleding van die rektor van die Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk

Die kanselier van die Noordwes-Universiteit en koning van die Bafokeng, Kgosi Leruo Molothlegi, en die institusionele registrateur, prof. Themba Mosia, besig met die amptelike bekleding van die rektor van die Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk. By hulle is die visekanselier, dr. Theuns Eloff.

  Van Schalkwyk het in sy inhuldigingsrede gesê kwaliteit behoort die botoon te voer in die visie van die universiteit.
  Hy het daarop klem gelê dat meganismes verder ontwikkel moet word om die kwaliteit van navorsingsuitsette uit te brei en te verdiep.
  As sy kerntaak as rektor het hy gesê hy sal met visioenêre leierskap, diensbaarheid, deelnemende beplanning en implementering, die ontwikkeling van langtermyn verbintenisse en netwerke die universiteit nasionaal en internasionaal verder help posisioneer as ’n uitnemende en innoverende universiteit. Ook om die universiteit deur middel van sy aktiwiteite betrokke te kry om ’n bydrae te lewer tot die verhoging van die welsyn en welvaart van die wêreld se bevolking, terwyl daar gefokus word op die oplossing van probleme en die benutting van geleenthede in Afrika.
  Klik HIER om prof. Van Schalkwyk se volledige toespraak te lees. 



 

 

 


Die rektor, prof. Herman van Schalkwyk, en sy gesin
Die rektor, prof. Herman van Schalkwyk, en sy gesin tydens sy inhuldiging. Links van hom is Neil, en regs staan Herman Junior, sy vrou, Rélyne, en Willem.

’n heildronk word ingestel op die nuwe rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk
Die institusionele registrateur, prof. Themba Mosia, het ’n heildronk ingestel op die nuwe rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, prof. Herman van Schalkwyk.

 

Opdateer op 26/03/2010 deur Nikki Nel

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings