Roetekaart na die Potchefstroomkampus
Aanwysings om by die kampus uit te kom

Aanwysings N12 vanaf Johannesburg Draai by die vyfde verkeerslig regs in Govan Mbekirylaan (Mooirivierrylaan). Die nuwe MooiRivier Mall is aan u regterkant. Volg die pad verby die Riverwalk winkelsentrum, McDonald's en Kentucky, alles aan u linkerkant. Draai daarna by die vierde verkeerslig, 'n T-aansluiting, links in Chief Albert Luthulirylaan (Von Wiellighstraat), net nadat u oor 'n bruggie is. Hou reguit aan deur die volgende twee verkeersligkruisings. U sal die Totius-standbeeld aan u linkerkant sien. Draai by die eerste vierrigtingkruising daarna regs in Hoffmanstraat. Die straat eindig by die hoofhek en sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.
N12 vanaf Klerksdorp Draai by die derde verkeerslig links in Beyers Naudélaan (Krugerstraat), net na u oor die brug is. Hou reguit aan. By die vierde stopstraat verander Beyers Naudélaan in Hoffmanstraat - hou steeds reguit aan. Die straat eindig by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.
R53 vanaf Ventersdorp Nadat u verby die artillerieskool se offisiersmenasie op linkerhand is, draai links in Meyerstraat. Volg die pad verby die Medi-Clinic-hospitaal op regterhand. U gaan deur twee vierrigting-kruisings en daarna oor 'n brug. Draai direk na die brug links in Hoffmanstaat. Die straat eindig by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.
|