NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
NWU-PUKSPORT

 

 

NWU-Pukke wil Ikey-angel trek
Die opdrag aan die NWU-Puk se Varsitybekerspan, op die vooraand van hul kragmeting met die Universiteit van Kaapstad, is eenvoudig - trek die Ikeys se angel agterlangs en tackle vir ’n vale.  Dié twee spanne is Maandag in die Moederstad slaags, ná die Pukke se dramatiese sege met 35-24 oor Tukkies in Pretoria vroeër vandeesweek. Lees meer
Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings

 Varsity Cup logo

Rugby-profiel: Andries Mahoney
Hy is alles behalwe ‘n oornagheld, sê Andries Mahoney, uithaler-skrumskakel van die NWU-Puk. Mahoney (25) het die NWU-Pukke Maandag, met ‘n driekuns van drieë, feitlik eiehandig na ‘n sege in hul eerste Varsitybeker-wedstryd teen Tuks gelei. Die NWU-Pukke was met 24-21 agter, voordat ‘n blitzkrieg van twee Mahoney-drieë in 10 minute die besoekers met 35-24 laat seëvier het - hul eerste oorwinning oor die hoogaangeskrewe Pretorianers in drie jaar. Lees meer
Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings

 Skrumskakel, Andries Mahoney

Mahoney-blitzkrieg sink Tukkies
Vind ‘n manier om die NWU-Puk-blitsbuks, Andries Mahoney, hok te slaan of skryf die Varsitybeker-titel op jou maag. Dít was Maandagaand die duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se aanspraakmakers in dié spogreeks, nadat ‘n Mahoney-blitzkrieg die hoogaangeskrewe span van Tuks feitlik eiehandig gekelder het - om aan die Potchefstromers hul eerste Varsitybeker-sege oor dié span in drie jaar te besorg. Dié 25-jarige skrumskakel se driekuns het Tuks uiteindelik tot oorgawe gedwing, ná ‘n reuse-terugvegpoging in die tweede helfte waartydens die NWU-Pukke 17 onbeantwoorde punte afgestaan het. Lees meer
Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings

 Mahoney-blitzkrieg sink Tukkies

Eerstejaars blink op atletiekbaan
Villagers en Bellatrix het die dorpskoshuise se oorheersing op die atletiekbaan voortgesit, deur die eerstejaarsbyeenkoms verlede naweek oortuigend te wen. Villagers het ‘n allemintige 18 punte voor hul naaste teenstanders, Heimat, geeïndig; terwyl Bellatrix vir Dinki met 4 punte uitgestof het. Bellatrix se uithaler-spiesgooier Gezelle Bernard is boonop as die beste dames-veldatleet aangewys, met haar indrukwekkende afstand van 45.89 m. Lees meer

 Eerstejaars blink op atletiekbaan

NWU en stadsraad besoek Spanje
Tydens die tweede helfte van Januarie 2010 het ’n afvaardiging van Potchefstroom die hoofstad van Spanje, Madrid, besoek om ’n paar sake af te handel nadat Spanje bevestig het dat hulle tydens die Wêreldbeker sokkertoernooi hulle tuisbasis in Potchefstroom gaan hê.  Die afvaardiging het bestaan uit vier lede van die stadsraad en twee van die Noordwes-Universiteit. Lees meer

 Spanje 2010

Krieketspan terug op koers
Die eerste krieketspan van die NWU-Puk het sy aanslag op n plek in vanjaar se klubkampioenskap-toernooi die naweek lewend gehou, deur Impala 2 met n beurt en 53 lopies op die NWU Absa-ovaal te klop. Met dié sege het die Pukke boonop hul onlangse nederlaag teen die Rustenburgers gewreek én die eerste naweek van Senwes se 65 boulbeurt-liga bo-aan die punteleer afgesluit. Lees meer

 Rudolph Kieser
NWU-Puk-teenstaanders gaan vanjaar dubbel sien
'n Mens sal vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers verskoon as hulle dubbeld sien, wanneer hulle die volgende twee maande teen die span van die NWU-Puk te staan kom. Nie net sal die Pukke poog om hul teenstanders met hardloopugby dronk te slaan nie, maar dié span sal dit boonop met ‘n identiese tweeling in sy geledere doen. Die 21-jarige Jacobs-broers, Niëll en Ruan, sal onderskeidelik die nommer 10- en 13-truie dra, wanneer die Potchefstromers Maandag in Pretoria in hul eerste wedstryd van dié glanstoernooi teen Tukkies te staan kom. Lees meer
 Ruan en Niëll Jacobs, twee van die NWU-Puk se grootste rugby-aanwinste, sal teenstanders van aanstaande week af met hul dartellopies in die Varsitybeker treiter.

Puk spel gevaar in studentereeks
Die NWU-Pukke se rugbyspan het Saterdag (23 Januarie) in die Noordwes-stadion in Welkom 'n duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers gestuur deur die Griffons met 40-36 te troef. Met dié oorwinning was die NWU-Pukke die enigste universiteitspan wat in die naweek met 'n Curriebeker-span afgereken het. Lees meer

 NWU-Puk se rugbymanne verseker eerste plek

Olimpiese kampioen slyp vir nog goues op NWU-Puk-velde
Die pad na ’n goue Olimpiese medalje loop deur Potchefstroom, glo Andreas Thorkildsen. En hy behoort te weet - dié Noorse spiesgooikampioen slyp al die afgelope sewe jaar langs die Mooirivier en het in dié tyd reeds die Europese, Wêreld- en Olimpiese kroon verower. Potchefstroom is regoor die wêreld, maar veral in Europa, bekend as dié plek vir spiesgooiers om jou voorseisoen voorbereiding te doen, het Thorkildsen gesê. Lees meer

 

 Andreas Thorkildsen

NWU-Puk I maak gereed vir seisoen
'n Voller voorraadkas is waarmee die eerste rugbyspan van die NWU-Puk sy hartverskeurende nederlaag in die eindstryd van verlede jaar se FNB Varsity Cup gaan wreek.
"Verlede jaar was ons gebrek aan diepte 'n kwelpunt, veral aangesien dit onvermydelik is dat jy met beserings gaan sukkel in só 'n lang, harde toernooi. "Ek is egter vol vertroue dat ons vanjaar genoeg diepte en opsies het om onsself in elke wedstryd te laat geld.” Só glo afrigter, Rudy Joubert, op die vooraand van vanjaar se toernooi, wat oor net meer as twee weke begin. Lees meer

 Rudy Joubert, afrigter van die NWU-Puk se eerste rugbyspan.

Opgedateer op 8 Februarie 2010 deur Vincent Eastes

 

 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings