NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
CPA : SAIPA Sudentevereniging

 

SAIPA GROEP

Neem Kennis:

 

Almal:

 

 

Spreuke 13:20

He who walks with the wise grows
wise, but the companion of fools
suffer harm

 

 



Woord van die voorsitter:



Welkom aan alle nuwe en ou SAIPA studente.


Hiermee wil ek vaagweg aan jul bekendmaak waarvoor ons staan en wie ons verteenwoordig, bekendstel aan my nuwe komitee en inligting weergee rakende die komende jaar.

SAIPA (South African Institute of Profensional Accountants) is die verteenwoordigers van alle studente wat hierdie betrokke rigting studeer by die Skool van Rekenkundige Wetenskappe. Ons verteenwoordig ook die Universiteit by SAIPA Noord-wes, waar ons direkte interaksie en samewerking met die besturende liggame het.

Vervolgens wil ek sekere inligting rakende my nuwe komitee aan jul voorlę. Die bestuur het 10 lede wat bestaan uit 7 Honneurs, 1 derde jaar en 2 tweede jaars studente. Die studente is dan ook die klasverteenwoordigers in die betrokkke jaargroep. Op hierdie wyse kan daar direkte kommunikasie wees tussen die student, dosente en Universiteit. Dus sal enige voorvalle makliker opgelos kan word.

Ons beplan vir die komende jaar ‘n reeks aktiwiteite wat die balans sal handhaaf tussen akademie en sosiaal. Daar kan uitgesien word na die volgende: ‘n Mini-werkswinkel wat ‘n middag-aand funksie sal wees, ons jaarlikse dinee en gholfdag, ‘n afsluitings braai vir al die Honneurs studente en laaste die volledige werkswinkel wat oor twee dae sal strek. Deur die jaar sal daar kleiner aksies ook plaasvind. Die SAIPA hempies gaan ook vanjaar geimplimenteer word waar al die studente op ‘n sekere dag die hempie kan dra.

Ek sien baie uit na my termyn as voorsitter en ek is seker almal gaan dit saam met my geniet. Sterkte met die jaar wat voorlę.


Groete Ronel Erasmus


NB:  Hou asb jul e-posse dop en sluit aan by die groep op Facebook (SAIPA-NWU Pukke) vir maklike kommunikasie.

 



 

SAIPA_logo

www.saipa.co.za

[Terug na bo]

 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings