PUKfm is 'n kampus radio stasie wie se teikenmark primêr studente en sekondêr skoliere is. PUKfm het 'n baie diverse en multikulturele gevoel en ons spesialiseer spesifiek in Rock en Afrikaanse musiek. Ons hou ook al ons luisteraars op hoogte van die nuutste nuus(Kampus, plaaslik, nasionaal en internasionaal) en gebeurtenisse. Ons saai 24 uur, 7dae 'n week uit.
PUKfm se Visie:
Om die gunsteling radiostasie onder studente te wees.
PUKfm se Missie:
PUKfm gaan hul visie nastreef deur te konsentreer op 3 Aspekte nl:
• Relevante inligting deur te gee;
• Opvoedkundige programme aan te bied en;
• Vermaaklikheid te verskaf.
Dus, om ‘n kwaliteit uitsaaidiens te lewer wat aan die behoeftes van ons luisteraars voldoen.
|